Ek rig graag hierdie brief aan u met die doel om ’n moontlike borgskap te bespreek vir my Glow Up Somer Challenge – ’n 12-week gesondheids- en welstandprogram wat daarop gemik is om mense te bemagtig om gesonder leefstylgewoontes aan te leer en vol te hou.
Die Glow Up Somer Challenge begin op 1 Oktober 2025 en loop tot 22 Desember 2025. Ons deelnemers volg ’n gestruktureerde program wat fokus op voeding, oefening, motivering en ondersteuning in ’n groepomgewing. Die program sluit weeklikse check-ins, oefenplanne en eetplanne in, en deelnemers werk toe na ’n gesonder en sterker weergawe van hulself.
Om ons deelnemers verder te inspireer, beplan ons om fantastiese pryse aan die wenners te gee. Hiervoor wil ek graag u maatskappy nader om betrokke te raak as ’n borg.
U handelsmerk word genoem in alle promosies (sosiale media, advertensies, finale prysbekendmaking).
U maatskappy word gekoppel aan gesondheid, gemeenskap en ’n positiewe leefstyl.
Ons deelnemers (en hulle families en vriende) is almal potensiële kliënte wat gesondheid en lewenstyl hoog op prys stel.
Ons vra graag u ondersteuning in die vorm van ’n borgskap vir ’n prys (produk, geskenkbewys, kontantbydrae of diens) wat aan ons topdeelnemers toegeken sal word. U bydrae, groot of klein, sal ’n betekenisvolle verskil maak en ons help om deelnemers te beloon vir hulle harde werk en toewyding.
Ek sal dit waardeer om met u in gesprek te tree oor moontlike maniere waarop ons kan saamwerk.
By voorbaat dankie vir u tyd en oorweging. Ek sien daarna uit om van u te hoor en hoop dat ons saam kan werk om hierdie challenge ’n sukses te maak.