As jy gereed is vir ’n volledige benadering wat meer as net voeding en oefening insluit, is die Strong Pakket jou antwoord. Hierdie premium program bou voort op alles in die Glow Pakket, en voeg daarby ’n 60-min coaching sessie elke maand (Zoom of in persoon) om jou strategie en mindset te versterk. Jy kry ’n gevorderde oefenplan wat progressief in fases opgebou is, ’n stres- en slaapbestuursplan om jou herstel en balans te verbeter, asook spesifieke strategieë vir plateaus en terugval. Met WhatsApp ondersteuning, 7 dae per week (09:00–19:00), en toegang tot jou eksklusiewe Sonder Narkose handleiding, het jy al die gereedskap en begeleiding wat jy nodig het om jou transformasie volhoubaar en holisties te maak.
Hierdie pakket is ideaal vir kliënte wat die beste resultate wil hê en bereid is om in hulself te belê. Dit is ook perfek vir ervare individue wat reeds ’n welstand- of transformasieprogram gedoen het, maar nou ’n meer gevorderde en volhoubare stelsel soek. Strong spreek die uitdagings van stagnering, terugval, gebrek aan balans tussen liggaam en mindset, asook stres en swak slaapgewoontes aan. Die gewenste uitkomste sluit in ’n holistiese leefstyl wat nie net fisiese resultate bring nie, maar ook geestelike helderheid en emosionele balans.
Met die Strong 💎 Pakket kry jy ’n volledige premium ervaring wat jou transformasie na die volgende vlak neem. Jy ontvang alles in die Glow Pakket, plus bykomende gevorderde ondersteuning en leiding. Elke maand het jy ’n 1 x 60-min coaching sessie (Zoom of in persoon) wat spesifiek fokus op mindset en strategie, sodat jy nie net jou liggaam transformeer nie, maar ook jou denke en gewoontes.
Hierdie sessie vorm die kern van jou premium ervaring en help jou om gemotiveerd, gefokus en volhoubaar te bly op jou pad na ’n 360° transformasie.
Met die Strong Pakket kry jy ’n volledige premium ervaring wat jou transformasie na die volgende vlak neem. Jy ontvang alles in die Glow Pakket, plus bykomende gevorderde ondersteuning en leiding. Elke maand het jy ’n 1 x 60-min coaching sessie (Zoom of in persoon) wat spesifiek fokus op mindset en strategie, sodat jy nie net jou liggaam transformeer nie, maar ook jou denke en gewoontes.
Jy kry ook ’n gevorderde oefenplan, wat progressief opgebou is in 3–4 fases. Dit beteken jou program pas saam met jou vordering aan – jy word sterker, fikser en meer veerkragtig met elke fase.
Hierdie kombinasie van persoonlike coaching en ’n progressiewe oefenplan gee jou die struktuur en inspirasie wat jy nodig het om konsekwent resultate te sien en plateaus te vermy.
’n Stres- en slaapbestuursplan is ’n gepersonaliseerde strategie wat jou help om:
✅ Stres beter te hanteer – deur praktiese tegnieke soos asemhalingsoefeninge, dagbeplanning, tydsbestuur, journaling of mindfulness. Dit sluit ook die identifisering van jou unieke stres-snellers in en hoe jy dit kan verminder of bestuur.
✅ Slaapgehalte te verbeter – deur roetines en gewoontes wat jou liggaam en brein help om beter te herstel. Dit kan dinge insluit soos ’n slaaproetine, beperking van skermtyd, ligblootstelling reg bestuur, voeding en oefening wat slaap ondersteun, en ontspanningstegnieke voor slaaptyd.
Die doel van die plan is om jou herstel te optimaliseer (want dit is waar jou liggaam sterker word), jou energie deur die dag te verbeter, en jou te help om konsekwent resultate te behaal sonder om uit te brand.
Wanneer mense ’n gesondheids- of fiksheidsreis aanpak, is dit normaal om plateaus (stilstand in resultate) of terugvalle (wanneer jy van jou roetine afwyk) te ervaar. Hierdie strategieë is gepersonaliseerde planne om daardie oomblikke te hanteer en jou momentum te behou.
Voorbeelde van Plateau-strategieë:
Aanpassings in eetplan: klein veranderinge in kalorie-inname of makro’s.
Verandering in oefening: nuwe intensiteit, oefen-variasies of progressiewe oorlading.
Herstel- en slaapoptimalisering: soms is ’n plateau bloot jou liggaam wat meer rus vra.
Monitering van ander metrieks: fokus nie net op gewig nie, maar ook op energievlakke, omtrek of prestasie.
Voorbeelde van Terugval-strategieë:
Damage control plan: konkrete aksies om vinnig terug te keer na jou roetine (bv. ná vakansie of fees).
Mentale herfokus: kort 1:1 sessie of geselsie om jou mindset weer in lyn te bring.
Mini-uitdagings: klein, haalbare doelwitte om weer momentum te bou.
Ondersteuning & aanspreeklikheid: WhatsApp check-ins en jou coach se opvolg.
Die doel: Jou help om nie moed op te gee nie, maar eerder jou plan slim aan te pas en weer selfvertroue te bou.
Met premium ondersteuning het jy direkte toegang tot jou afrigter via WhatsApp, 7 dae per week tussen 09:00 en 19:00. Dit beteken:
Vinnige vrae: Jy kan jou vrae oor eetplanne, oefening of gewoontes enige dag stuur en binne ure antwoorde kry.
Daaglikse check-ins: Jy kan jou vordering of uitdagings deel – en onmiddellike terugvoer ontvang.
Stemnotas en direkte leiding: Meer persoonlike ondersteuning as gewone teks.
Motivering & aanpassing: Wanneer jy sukkel of onseker voel, kry jy direkte raad om jou op koers te hou.
Die doel is om jou nie net een keer per week te ondersteun nie, maar om jou daaglikse aanspreeklikheid en motivering te gee – sodat jy vol vertroue en konsekwent kan bly.
Die Sonder Narkose Handleiding is ’n eksklusiewe gids wat jy as deel van die Strong pakket ontvang. Dit dien as jou persoonlike studiegids en praktiese wenke-boek om jou welstandsreis te ondersteun, selfs buite jou sessies.
Wat jy daarin kry:
Studiegids: Stap-vir-stap verduidelikings oor voeding, oefening, mindset en gesonde gewoontes.
Wenke & hacks: Praktiese riglyne om jou daaglikse leefstyl makliker en volhoubaar te maak (bv. vinnige maaltyd-idees, streshantering, slaaprituele).
Oefeninge & selfrefleksie: Klein take en vrae wat jou help om meer bewus en gefokus te raak.
Padkaart: ’n Duidelike raamwerk wat jou wys hoe jou transformasie stap vir stap vorder.
Dit is soos ’n persoonlike handleiding vir jou nuwe leefstyl – ’n naslaanboek wat jy enige tyd kan gebruik wanneer jy ekstra rigting of inspirasie nodig het.
Stap 1: Assessering & vraelys – volledige leefstyl- en gesondheidsevaluasie.
Stap 2: Persoonlike plan – eetplan, gevorderde oefenplan, stres- & slaapplan.
Stap 3: Coaching – 60-min sessie per maand (mindset & strategie).
Stap 4: Monitering – 4 weeg-ins per maand + weeklikse eetplanaanpassings.
Stap 5: Ondersteuning – WhatsApp (premium), uitdagings en handleiding.
Stap 6: Hernuwing – besluit elke maand om voort te gaan of jou plan aan te pas.
Volhoubare fisiese transformasie
Verbeterde stres- en slaapkwaliteit.
Plateau-oorwinning en volgehoue momentum.
Verhoogde selfvertroue en veerkragtigheid.