Sonder om aanvallig te wees… weet ek.
Ek weet hoe vinnig iemand ’n verskoning kan uitdink as daar ’n gesondheidsverandering op die horison wink.
Ek weet, want ek was daardie persoon.
Ek kon vir jou 10 redes in 2.5 sekondes gee waarom ek vandag nie hoef te begin nie.
Maar toe ek besluit om my verskonings agter my te los, het alles verander. Ek het myself gekies, my eerste tree gegee – en nooit weer teruggekyk nie.
Jy het 150 minute per week nodig – dis 2.5 uur.
As jy 5 minute oefen elke keer as jy badkamer toe gaan, is jy klaar daar.
Ek was 167kg. Ek weet hoe dit voel.
Maar daar is stoel-oefeninge, water-oefeninge, selfs lê-oefeninge wat jy kan begin doen.
Jy’t YouTube. Jy’t ’n mat of stoel. Jy’t ’n liggaam.
Dis al wat jy nodig het. En jy kan begin met iets wat jy wél geniet.
Dít is die probleem.
’n Dieet is tydelik. ’n Leefstylverandering is permanent. Dis wat werk.
Dis waar ’n persoonlike eetplan inkom – een wat werk met wat jy beskikbaar het. Dis wat ons by Sonder Narkose help opstel.
Eet jy volgens jou macros? Wat’s jou calorie deficit? Hoeveel verbrand jy?
Jy’t dalk nie ’n eetprobleem nie – maar ’n balansprobleem.
Daar is ondersteuningsgroepe. Daar is mense wat omgee.
Jy hoef nie alleen te wees nie.
Jou eetlus is nie 'n karakterfout nie – dis 'n biologiese proses.
Daar is produkte wat jou help. Daar is hulp.
Om ongesond te wees kos jou meer.
Klinieke, medikasie, siekteverlof...
Gesondheid is nie ’n luukse nie – dis ’n belegging in jou toekoms.
Jy gaan nooit regtig "gereed" wees nie.
Jy skep motivering deur aksie – nie andersom nie.
Toe ek besluit het om my gesondheid eerste te sit, het ek nie net my liggaam verander nie – ek het my lewe herwin.
Ek’t geleer oor voeding, oor beweging, oor balans…
En ek’t besluit om myself te bemagtig om ander vroue te help.
Ek is nou ’n wellness, health & nutrition coach, en jy is welkom by Sonder Narkose.
As jy reg is om daardie eerste tree te gee – al is dit wankelrig –
Dan is jy op die regte plek.