Moenie hul borde volprop nie… leer hulle om hul liggame te vertrou
As ek terugkyk op my eie reis met kos, wens ek iemand het vir my as kind gesê dis okay om versadig te wees – dat ek nie moet eet net omdat daar nog kos op my bord is nie.
Moenie hul borde volprop nie… leer hulle om hul liggame te vertrou
As ek terugkyk op my eie reis met kos, wens ek iemand het vir my as kind gesê dis okay om versadig te wees – dat ek nie moet eet net omdat daar nog kos op my bord is nie.
"Jy mag nie opstaan as jy nie klaar geëet het nie."
"Jy weet daar is kinders wat nie kos het nie, jy kan darem nie kos mors nie!"
"Jy het dit nou geskep, nou eet jy dit klaar."
Om emosioneel van kos te hou of bang te wees om nee te sê vir kos.
eet as ons hartseer is
skuldgevoelens het oor elke bietjie kos wat ons los
nie ons liggaam se volsein herken nie
‘n gesonde verhouding met kos – nie net gesonde kos self nie.
Sê liewer: “Ons eet groente want dit gee ons energie om vinniger te hardloop”, nie “As jy nie jou boontjies eet nie, kry jy nie roomys nie.”
Vra: “Voel jy vol?” in plaas van “Jy moet nog vyf happies eet.”
Laat kinders gereeld nuwe kosse sien op hul bord sonder om hulle te dwing om dit te eet. Jy sal verbaas wees hoe nuuskierigheid later oorneem.
Kinders leer deur nabootsing – as jy groente geniet, sal hulle meer geneig wees om dit ook te probeer.
“Mama eet hierdie omdat dit my sterk en gesond hou” eerder as “Ek mag dit nie eet nie want dit maak jou vet.”
Selfs kleintjies kan meng, was of versier. As hulle betrokke is, is hulle meer geneig om dit te wil eet.
Daar is nie "goeie" of "slegte" kos nie – daar is kos wat jou gereeld voed, en kos wat net af en toe lekker is.
Sê: “Kom ons kyk hoeveel kleure jy op jou bord kan hê,” in plaas van “Jy moet jou spinasie eet.”
Kinders het kleiner maagies. Dis reg as hulle minder eet – laat hulle self besluit hoeveel hulle nodig het.
As hulle sê hulle wil nie iets eet nie, vra: “Wat hou jy nie van daaraan nie?” Dis ’n gesprek, nie ’n stryd nie.
Nie om kinders te kry wat perfek eet nie – maar kinders wat vertroue het in hul eie liggame.
Wanneer ons kinders leer om:
– te eet wanneer hulle honger is,
– te stop wanneer hulle vol is,
– en nie skuldig te voel oor 'n stukkie koek nie,
… dan help ons hulle om groot te word sonder die selfde innerlike stryd wat soveel van ons moes oorkom.