Welkom by Sonder Narkose – jou tuiste vir gesondheid, balans en selfvertroue.
 Ons glo dat elke vrou die reg het om sterk, vol energie en gemaklik in haar eie vel te voel – sonder uiterstes of vinnige “fixes”. Hier vind jy praktiese raad oor wellness, voeding, oefening en coaching wat jou help om ’n leefstyl te bou wat werklik volhoubaar is.
Sluit aan by ons #SonderNarkose gemeenskap en ontdek hoe jy met klein, haalbare stappe groot veranderinge kan maak – vir jou liggaam, jou gesondheid en jou selfvertroue.
WELSTAND
VOEDING
GESONDHEID
SESSIES
In Desember 2023 het my ongelooflike reis begin – ’n pad van diep introspeksie, trane, maar ook baie lag. Ek het elke oomblik gedokumenteer: die oorwinnings gevier en die struikelblokke met oorgawe aangepak en uit die pad geruim. Hierdie proses het nie net my eie lewe verryk nie, maar my ook geïnspireer om verder te studeer en my kennis as ’n Wellness-, Voeding- en Gesondheidscoach uit te brei. Vandag is dit my missie om ander te help om dieselfde pad van groei, balans en selfvertroue te stap.